Laerskool Vryheidsmonument

Jou skool !

 

Ons Geskiedenis

Vredesmonument van Vereeniging

Laerskool Vryheidsmonument is opgerig ter herdenking aan die Vrede van Vereeniging wat gesluit is op 31 Mei 1902. Dié monument, wat ontwerp is deur Coert Steynberg, staan voor die biblioteek op die standsplein en is deur H.F. Verwoerd onthul op 10 Oktober 1901.

Lees Meer

 

 

Missie van die Skool

Christelike Karakter en Etiek

Moedertaalonderrig – Afrikaans

Behoud en Uitbou van Standaarde

Gelukkige Skoolgemeenskap

'n Skool Waarop Almal Trots Is

By Laerskool Vryheidsmonument, spring u kind weg met ‘n voorsprong!

 

Skoollied

Vorentoe!

(Musiek en woorde deur Olaf Anderson)

By die oewers van die Vaalrivier,
lê ons Vryheidsmonument,
lê ons laerskool in die helder son,
as ons Vryheidsfondament.

Vorentoe, hoog die fakkel brand,
ons dra kennis vorentoe vir jou,
my dierbaar land.

Waar die staal ysternywerheid,
vul die hart met trots so groot,
en waar boer, met trekker, met ploeg en skaar,
sorg vir onse daaglikse brood.

Met die Vryheidsdag en ideaal,
met koningsblou en goud,
staan ons vas by erfgoed,
wat aan ons hoort, en ons streef,
ons volks behoud.

 

Inskrywingsvorm

Die inskrywingsvorm is vir al die grade en hoef net eenmalig voltooi te word, tensy die leerder in Graad R is en aansoek doen vir Graad 1.
Druk asseblief op die “Laai Af” knoppie hieronder, om die inskrywingsvorm af te laai.
Voltooi al die velde met die verlangde inligting en bring dit saam met die volgende na ons kantoor toe:

  • U kind se geboortesertifikaat
  • Onlangse skolastiese vorderingsverslae t.o.v. vorige skool (indien enige)
  • Bewys van adres / werksadres
  • Afskrif van u kind se kliniekkaart
  • ID afskrif van beide ouers
  • Oorplasingskaart (Indien van toepassing)
Laai Af

 

Kontak Ons

Adres:

1 COEN BRITS ST
DUNCANVILLE
VEREENIGING
1939

Kontaknommers:

016 428 1043
016 428 1073

Loading
U boodskap is gestuur. Baie dankie!