
Monnies
Laerskool Vryheidsmonument
Jou skool !

Ons Geskiedenis
Vredesmonument van Vereeniging
Laerskool Vryheidsmonument is opgerig ter herdenking aan die Vrede van Vereeniging wat gesluit is op 31 Mei 1902. Dié monument, wat ontwerp is deur Coert Steynberg, staan voor die biblioteek op die standsplein en is deur H.F. Verwoerd onthul op 10 Oktober 1901.
Lees Meer
Missie van die Skool
Christelike Karakter en Etiek
Moedertaalonderrig – Afrikaans
Behoud en Uitbou van Standaarde
Gelukkige Skoolgemeenskap
'n Skool Waarop Almal Trots Is
By Laerskool Vryheidsmonument, spring u kind weg met ‘n voorsprong!

Skoollied
Vorentoe!
(Musiek en woorde deur Olaf Anderson)
By die oewers van die Vaalrivier,
lê ons Vryheidsmonument,
lê ons laerskool in die helder son,
as ons Vryheidsfondament.
Vorentoe, hoog die fakkel brand,
ons dra kennis vorentoe vir jou,
my dierbaar land.
Waar die staal ysternywerheid,
vul die hart met trots so groot,
en waar boer, met trekker, met ploeg en skaar,
sorg vir onse daaglikse brood.
Met die Vryheidsdag en ideaal,
met koningsblou en goud,
staan ons vas by erfgoed,
wat aan ons hoort, en ons streef,
ons volks behoud.
Inskrywingsvorm vir Graad RR
Die inskrywingsvorm is slegs Graad RR.
Druk asseblief op die “Laai Af” knoppie hieronder, om die inskrywingsvorm af te laai.
Voltooi al die velde met die verlangde inligting en bring dit saam met die volgende na ons
kantoor toe:
- Inskrywingsvorm
- Skoolfondsbrief (Aanhangsel A)
- U kind se geboortesertifikaat
- Onlangse skolastiese vorderingsverslae t.o.v. vorige skool (indien enige)
- Bewys van woonadres
- Afskrif van u kind se kliniekkaart
- ID afskrif van beide ouers
Inskrywingsvorm vir Graad R
Die inskrywingsvorm is slegs Graad R.
Druk asseblief op die “Laai Af” knoppie hieronder, om die inskrywingsvorm af te laai.
Voltooi al die velde met die verlangde inligting en bring dit saam met die volgende na ons
kantoor toe:
- Inskrywingsvorm
- Skoolfondsbrief (Aanhangsel A)
- U kind se geboortesertifikaat
- Onlangse skolastiese vorderingsverslae t.o.v. vorige skool (indien enige)
- Bewys van woonadres
- Afskrif van u kind se kliniekkaart
- ID afskrif van beide ouers
Inskrywingsvorm vir Graad 1-7
Die inskrywingsvorm is vir grade 1 tot 7 en hoef net eenmalig voltooi te word, tensy die leerder
in Graad R is en aansoek doen vir Graad 1.
Druk asseblief op die “Laai Af” knoppie hieronder, om die inskrywingsvorm af te laai.
Voltooi al die velde met die verlangde inligting en bring dit saam met die volgende na ons
kantoor toe:
- U kind se geboortesertifikaat
- Onlangse skolastiese vorderingsverslae t.o.v. vorige skool (indien enige)
- Bewys van adres / werksadres
- Afskrif van u kind se kliniekkaart
- ID afskrif van beide ouers
- Oorplasingskaart (Indien van toepassing)
Janco de Lange
Graad 7
Vryheidsmonument is die skool waar ek kan speel, leer en bid in my taal.
Monyeen Potgieter
1ste Netbalspan
Die beste tyd is Monnie tyd
Ilinke Klopper
1ste Netbalspan
Monnies...want ons is anders, dis hoekom!
Chrizel Groenewald
1ste Netbalspan
Bymekaar of afgesonder, Monnies klop met 'n wen hart.'
Kontak Ons
Adres:
1 COEN BRITS ST
DUNCANVILLE
VEREENIGING
1939
Epos:
info@laerskoolvryheidsmonument.co.za
Kontaknommers:
016 428 1043
016 428 1073













