
Monnies

Ons Geskiedenis
Vredesmonument van Vereeniging
Laerskool Vryheidsmonument is opgerig ter herdenking aan die Vrede van Vereeniging wat gesluit is op 31 Mei 1902. Dié monument, wat ontwerp is deur Coert Steynberg, staan voor die biblioteek op die standsplein en is deur H.F. Verwoerd onthul op 10 Oktober 1901.
Simboliek
- Gewonde man: Die volk wat deur die oorlog verslaan is
- Staal figuur: Deur geloof in God, staan die volk weer op, om sterker te word
- Hoed, geweer en bandelier: Die wapens is gebêre, want die verlede is gesluit
- Krans: Die volk rou oor wat gebeur het
TYDLYN:
JAAR | GEBEURTENIS | BESONDERHEDE |
---|---|---|
1957 | 23 Januarie | Skool word vir die eerste keer gebruik (Duncanvilleskool) |
1957 | 1st Waarnemende Hoof | Mnr. J.J. Louw |
1957 | 1ste Permanente skoolhoof | Mnr. A.J. Nortje |
1958 | 19 April | Skool word amptelik ingewy |
1965 | Skool se naam word verander | Vryheidsmonument |
1969 | 2de Permanente skoolhoof | Mnr. J.P.D. Maree |
1992 | 3de Permanente skoolhoof | Mnr. H. Groenewald |
2000 | 4de Permanente skoolhoof | Me. G. Strauss (1ste Vroulike Hoof) |
2018 | 5de Permanente skoolhoof | Mnr. P. de Bruin |













