Oortredings
KATRGORIE EEN:
‘n Leerder sal skuldig wees aan minder ernstige wangedrag indien hy/sy opsetlik en sonder regverdige verskoning:
- Weier om ‘n regmatige opdrag gegee deur ‘n opvoeder, uit te voer
- Valse inligting aan ‘n opvoeder verstrek
- Versuim om sy boeke of ander uitrusting wat vir sy onderrig nodig is, by hom te hê
- Huiswerk nie doen nie
- Toets nie teken nie
- Laat kom, hetsy by die skool of by ‘n klas
- Briewe en/of skeurstrokies en/of boeke nie inhandig wanneer daartoe versoek word nie
- Nie die regte voorkoms, soos gespesifiseer in Afdeling B van hierdie gedragskode, het nie
- Onbehoorlike seun-dogter verhouding
- Die bepalings ten opsigte van gedrag, soos gespesifiseer in Afdeling B van hierdie gedragskode, nie nakom nie
- Etery in die klas en/of tydens klaswisseling
- Kougom kou op die skoolperseel
- Sonder toestemming uit ‘n klas wees
- Oneerlikheid
- Verbode terrein, soos gespesifiseer in Afdeling B van hierdie gedragskode, betree
- Opsetlike beskadiging aan skooleiendom en/of eiendom van ‘n medeleerder en/of ‘n personeellid
- Radio en/of CD-speler en/of selfoon en/of PSP en/of Nintendo en/of speelgoed skool toe bring
- Rolskaatse en/of fietse op die speelterrein/ netbalbane ry
- Chroniese afwesigheid van die skool
- Ontwrigting van klasroetine
- Swak of onsportiewe gedrag hetsy binne of buite die skoolperseel
- Oortreding van enige ander skoolreël, soos vervat in Afdeling B van hierdie gedragskode, in sover hierdie reël uitdruklik vervat is in Kategorie 1 of Kategorie 2 of Kategorie 3 van hierdie gedragskode
KATRGORIE TWEE:
‘n Leerder sal skuldig wees aan meer ernstige wangedrag indien hy/sy opsetlik en sonder regverdige verskoning:
- Die onderrig- of leerproses in ‘n klas ernstig bedreig, ontwrig of frustreer
- Aan ‘n sameswering deelneem om die funksionering van die skool deur middel van kollektiewe optrede te ontwrig
- Die menswaardigheid van ‘n personeellid belaster
- Enige toets of eksamenmateriaal versprei wat enige ander persoon in staat mag stel om ‘n onregverdige voordeel in ‘n toets of eksamen te verkry
- Op enige wyse onwelvoeglik in die openbaar optree
- Vandalisme en/of kwaadwillige saakbeskadiging
- Hom/haar binne of buite die skoolgeboue en/of skoolperseel gedra op ‘n wyse of aldaar ‘n handeling verrig het, wat na oordeel van die handhawing van orde of dissipline of die doelmatige verskaffing van onderrig by die skool ernstig benadeel en/of die goeie naam van die skool in oneer bring
- Taalgebruik of gedrag wat na die mening van die Hoof van so ‘n aard is, dat dit die handhawing van ‘n behoorlike peil van sedelike gedrag, dissipline of sosiale welsyn van die skool in gevaar stel
- Opsetlik weier om ‘n regmatige opdrag, gegee deur die Hoof of ‘n opvoeder vir daardie doel deur die Hoof gemagtig, uit te voer
- Opsetlik valse inligting aan die Hoof verstrek
- ‘n Mede-leerder uitlok of aanstig of verkry om enige regulasies of instruksie kragtens die gedragskode en/of toepaslike regulasie uitgevaardig of ‘n reël van die skool te oortree of te weier om daaraan te voldoen
- Na die oordeel van die Hoof, sonder gegronde rede weier om klasse by te woon of om onderrig te ontvang, of sonder gegronde rede doelbewus afwesig is van die skool en/of klasse en/of buitemuurse aktiwiteite en/of ‘n skoolfunksie waar bywoning verpligtend is
- ‘n Handeling van insubordinasie verrig teenoor ‘n opvoeder of ander persoon wat by die skool in ‘n gesagsposisie teenoor hom staan
- Na die mening van die Hoof ‘n laakbare daad gedaan het
- Aanranding en/of die gebruik van geweld en/of afknouery
- Die besit van gesteelde goed, wetend dat dit gesteel is
- Die organisering van of deelname aan enige optrede wat nie vooraf met die Hoof uitgeklaar is nie, en wat inbreuk kan maak op die akademiese- kulturele- of sportaktiwiteite van ander leerders of op die funksionering van die skool
- Enige poging, gedurende ‘n klastoets of ‘n eksamen, om ‘n ander leerder te help, of te probeer help, of van ‘n ander leerder hulp te verkry of te probeer verkry, of uit enige geskrif inligting of hulp te verkry of te probeer verkry, behalwe ‘n geskrif waarvan die gebruik deur die opsiener of die betrokke opvoeder uitdruklik toegestaan is
- Die oorneem in enige skriftelike werkstuk, wat vir beoordeling aan ‘n opvoeder ingelewer word, van wesenlik onveranderd die geheel of wesenlik gedeeltes uit die werkstuk van ‘n ander leerder of ‘n ander geskrif sonder die erkenning van sy bron en van die omvang van sy oorname. Normaalweg word vereis dat ‘n werkstuk ten opsigte van sowel voorbereiding as formulering die selfstandige werk van die leerder moet wees. Samewerking tussen leerders by die voorbereiding van werkstukke is egter toelaatbaar en mag soms selfs wenslik wees, tensy die opvoerder dit vooraf uitdruklik verbied. Onder alle omstandighede moet die formulering van ‘n werkstuk egter die selfstandige werk van elke leerder wees
KATRGORIE DRIE:
‘n Leerder sal aan baie ernstige wangedrag skuldig bevind word, indien hy/sy:
- Versuim om aan ‘n bestraffing of opskorting as korrektiewe maatreëls te voldoen
- Enige dokument of handtekening van die skool vervals
- Handeldryf met enige toets- of eksamenvraestel of enige toets- of eksamenmateriaal
- Enige persoon omkoop of probeer omkoop ten opsigte van enige toets of eksamen, om homself of ‘n ander persoon in staat te stel om ‘n onregverdige voordeel daardeur te verkry
- Hom/haar aan ‘n diefstal skuldig maak of andersins tot nadeel van ‘n ander persoon oneerlik optree
- In besit gevind word van enige eksamentoets materiaal, onwettige middel of dit gebruik of daarmee handel dryf soos gespesifiseer in Afdeling B van hierdie gedragskode
- In gebruik en/of besit van enige gevaarlike wapen gevind word
- Die gebruik van, of in die besit wees van, of onder die invloed wees van enige afhanklikheidsvormende middel, insluitend, maar nie beperk tot alkoholiese drank (insluitend bier en “cider”), cannabis of enige sigarette of tabak
- Die verspreiding van, of in besit wees van pornografie in enige vorm
- Die pleeg van bedrog of diefstal of enige ander handeling waarvan oneerlikheid ‘n element is
- Enige vorm van karakterskending, intimidering of geestelike of emosionele teistering
- Indien ’n leerder weier om aan ’n sportsoort deel te neem waarin hy/sy deur ’n skoolafrigter verkies is maak hy/sy hom skuldig aan baie ernstige wangedrag
- Enige oortreding van die skoolreël of Gedragskode wat herhaaldelik voorkom
- Enige ander gedrag wat na oordeel van die Dissiplinêre Komitee tot tydelike skorsing of uitsetting mag lei
- ‘n Versuim om voor die Dissiplinêre Komitee te verskyn indien daartoe opgeroep, of ‘n versuim om op vrae van die aanklaer of Dissiplinêre Komitee te antwoord indien daar nie ‘n gegronde rede vir weiering is nie
- Die verstrek van wenslik valse inligting oor die skool aan die pers of enige ander instansie
- Die pleeg van enige handeling of versuim wat in ‘n geregshof strafregtelik beregbaar is
- Toegang verkry deur die ongeoorloofde gebruik van rekenaars tot, of poog om toegang te verkry, tot die skool se dataleêrs, waartoe hy nie toegang behoort te hê nie
- Moord
- Verkragting
- Betasting