Monnies

 

 

Hoofdogter 2025:
Mieke Pienaar

My laerskoolloopbaan het ongelooflik vinnig verbygevlieg. Dit voel soos gister toe ek as ’n bang Graad 1-leerder in die saal gesit het, met my twee poniesterte en groot oë vir Meneer Pieter gekyk het. Maar ek het elke sekonde van my laerskooljare geniet en voel baie bevoorreg om my Graad 7-jaar as hoofmeisie van Laerskool Vryheidsmonument af te sluit.

Die onderwysers van Laerskool Vryheidsmonument is van die bestes. Hulle doen nie net alles in hul vermoë om ons met skoolwerk te help nie, maar laat ons ook veilig voel en leer ons waardevolle lewenslesse.

Vryheidsmonument het diep spore in my hart getrap, en ek sal vir altyd al die kosbare herinneringe koester.

My gebed is dat die Here ons skool in 2025 sal beskerm en seën, en dat Hy elke Monnie deur moeilike tye sal dra. Ek bid ook dat ons onderwysers die regte leiding sal gee en dat ons leerlingraadspan ’n positiewe verskil sal maak.

Kom ons gryp hierdie jaar elke nuwe kans met albei hande aan. Kom ons wees dankbaar vir elke geleentheid wat op ons pad kom. Met God aan ons sy is alles moontlik!

Hou vas aan Filippense 4:13: "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee."


Groete,
Mieke Pienaar

Hoofseun 2025:
Walroux Tolmay

Ek wil eerstens my Hemelse Vader bedank vir die ongelooflike voorreg om in 2025 as Hoofseun van Laerskool Vryheidsmonument te dien. Dit is vir my ’n groot eer om ’n leier en dienaar van ons pragskool te wees.

Mag ons as Monnie-leerders, ons puik personeel, die beheerliggaam en ouers in 2025 voluit streef na ons skool se leuse: "Vorentoe." Met ons oë gerig op God, ons voete stewig geanker op die grond en ons hande uitgereik na mekaar.

’n Hartlike welkom aan ons Gr. 1-leerders, sowel as alle nuwe Monnie's. Julle het beslis die regte keuse gemaak en is nou deel van ons Monnie-familie.

Ek wil elke Monnie-maat aanmoedig om in 2025 hul beste te gee in alles wat hulle aanpak – akademie, sport en kultuur. Sien elke uitdaging as ’n geleentheid om te groei!

En aan die Gr. 7-leerders van 2025 – kom ons maak hierdie laaste jaar by Vryheidsmonument onvergeetlik. Laat ons ons laerskoolloopbaan met trots en geesdrif afsluit!

Nogmaals, dankie vir die vertroue wat julle in ons as hoofleiers en leiers stel.

"If serving is below you, leadership is beyond you."
Walroux Tolmay

Onderhoofdogter 2025:
Rietjie van Heerden

Onderhoofseun 2025:
Henro de Lange