Skooltye en -reëls
Die algemene goeie dissipline, gesonde gees en samehorigheidsgevoel van die skool val ten nouste saam met die leerders se:
- Gedrag
- Persoonlike netheid
- Skooldrag
- Stiptelikheid ten opsigte van daaglikse skoolbesoek
- ’n Gebalanseerde deelname aan buitekurrikulêre bedrywighede op kulturele- en sportgebied.
Die reëls sal nougeset deur almal nagekom word, nie uit dwang nie, maar uit vrye wil omdat ons deel is van ’n skool waarop almal trots is.
OMSKRYWINGS
1. Onderworpe aan subregulasie (2) en tensy die samehang anders aandui, sal ’n woord wat in artikel 1 van Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (wet 84 van 1996) omskryf is, dieselfde betekenis in hierdie Gedragskode hê;
2. Tensy die samehang anders aandui, sluit die enkelvoud die meervoud in en sluit manlik die vroulik in, en vice versa.
OPENING
Gedurende die skoolkwartale word daar elke Maandagoggend in die skoolsaal met skriflesing en gebed geopen. Dinsdae tot Vrydae word met Skriflesing en gebed in die onderriglokale deur ‘n opvoeder en/of ‘n ordeleier geopen.
** Bogemelde is van toepassing tensy anders bepaal deur die Hoof.
Skooltye
Die Hoof het die bevoegdheid om vir ’n bepaalde dag die skoolure en/of pouse aan te pas en/of te wysig.
BEGINTYD:
Die skool begin om 07:30 vir alle leerders. Ouers moet toesien dat leerders betyds by die skool aanmeld.
SKOOL VERDAAG VIR:
- Graad 1 en 2 om 13:00
- Leerders wie se ouers hulle nie om 13:00 kom afhaal nie, sal tot 13:35 onder toesig van hulle opvoeder in die klas gehou word.
- Graad 3 om 13:15
- Graad 4-7 om 13:35
** Begin- en sluitingstye is onderhewig aan verandering, soos van tyd tot tyd deur die Beheerliggaam bepaal. Graad 3’s sluit op ‘n Vrydag 12:50.
POUSES:
Op ‘n normale skooldag is pouses as volg:
- Eerste pouse = 10:00 tot 10:20 (20 min)
- Tweede pouse = 11:50 tot 12:05 (15 min)