Monnies

 

 

Skooldrag

Die voorgeskrewe skooldrag moet gedra word tydens:

  • Amptelike skooltye
  • Amptelike (formele) skoolfunksies na skoolure, tensy anders bepaal deur die hoof / bestuurspan van die skool
  • Sportgeleenthede as toeskouer, tensy anders bepaal deur die Hoof / bestuurspan van die skool
  • Tydens amptelike verteenwoordiging van die skool by ‘n openbare funksie
  • Tydens formele aandfunksies by die skool, tensy anders bepaal deur die hoof / bestuurspan van die skool


REËLS RONDOM SKOOLDRAG

  • Alle klere en besittings moet duidelik gemerk wees
  • Lengte van skoolrok moet as volg wees: Wanneer dogter met albei knieë op die grond staan, moet roksoom 60mm (6cm) van die grond af wees
  • Balkies word slegs op kleurbaadjies gedra
  • Skooldrag moet altyd skoon en netjies wees
  • Skoolskoene moet altyd skoon en gepoleer wees
  • Kinders wat van ander skole kom, word toegelaat om daardie skool se skooldrag te dra vir ‘n tydperk van 2 (twee) weke tensy die Hoof die tydperk op versoek van die betrokke ouer verleng

SKOOLDRAG VIR DOGTERS

(Verskaffers: Vryheidsmonument Klerewinkel)


WINTERSDRAG:
(Tweede – Derde Kwartaal)

  • Skoolrok
    • Blou geruite (check) rokkie – met blou V-nek skooltrui / blou kleurbaadjie
  • Grys Langbroek
    • (seuns of dogtersnit): met grys kouse, blou langmouhemp, blou V-nektrui, kleurbaadjie, blou dri-mac baadjie, swart skoolskoene, skooldas (opsioneel)

SOMERSDRAG:
(Eerste en Vierde Kwartaal)

  • Skoolrok
    • Blou geruite (check) rokkie, wit skoolkouse, swart skoolskoene, blou kortoefenbroekie (“hot pant”) soos by verskaffer beskikbaar . (Dra van skoolskoene in die somer is nie verpligtend nie)

SKOOLDRAG VIR SEUNS

(Verskaffers: Vryheidsmonument Klerewinkel)


WINTERSDRAG:
(Tweede – Derde Kwartaal)

  • Grys Langbroek
    • (Seunsnit) met blou skoolhemp (kort- of langmou), blou V-nek skooltrui, blou kleurbaadjie, blou dri-mac baadjie, swart skoolskoene met veters, skooldas (opsioneel)

SOMERSDRAG:
(Eerste en Vierde Kwartaal)

  • Grys kortbroek
    • met blou kortmou skoolhemp, grys langkouse, swart skoolskoene met veters. (Dra van skoolskoene in die somer is nie verpligtend nie).

SKOOLDRAG VIR AMPTELIKE GELEENTHEDE:

  • Geen sweetpak, sweetpakbaadjie of dri- mac baadjies word tydens amptelike optredes toegelaat nie
  • DOGTERS: Sien bo, en dan – swart skoolskoene is verpligtend, kleurbaadjie indien beskikbaar
  • SEUNS: Sien bo, en dan – swart skoolskoene met veters is verpligtend, kleurbaadjie indien beskikbaar
  • KOORDRAG: Soos goedgekeur en voorgeskryf deur die Beheerliggaam

PROVINSIALE KLEURE:
Leerders wat Provinsiale Kleure in ‘n sportsoort verwerf het, hetsy binne of buite skoolverband, mag elke Vrydag die volledige sweetpak en/of net die sweetpakbaadjie by sy denim dra.

SPORTDRAG:
Sportdrag word tydens volgende geleenthede gedra:

  • Netbal - netbalrokkie (word gehuur)
  • Krieket - hempie en broekie
  • Tennis - hempie en broekie
  • Hokkie - hempie en broekie
  • Atletiek - en landloopdeelname word die atletiekdrag gebruik, nl. die atletiekhempie en -broekie, kan dit by die verskaffer aankoop – klerewinkel
  • Rugby - rugbytruie is tans slegs by die skool beskikbaar
  • Alle mini-sportsoorte - hempie en broekie

Atletiekdrag, landloopdrag, netbalrokkies, rugbytruie en hokkiedrag kan ook teen ‘n tarief, wat jaarliks bepaal word, by die skool gehuur word.

KLEREBANK:
Die skool beskik oor ‘n klerebank wat deur personeellede bestuur en bedryf word. Skooldrag word beskikbaar gestel aan behoeftige leerders.